Help jou kind om die noodsaaklike luister-, aandag- en visuele vaardighede te ontwikkel wat nodig is vir suksesvolle leer.

Die Ouditiewe & Visuele Vaardigheidsprogram bestaan uit ‘n reeks interaktiewe video-aktiwiteite wat ontwerp is om ouditiewe diskriminasie, ouditiewe prosessering, visuele geheue, visuele nasporing, konsentrasie en aandagvaardighede te versterk.

Deur prettige en stimulerende oefeninge leer kinders om aandagtig te luister, instruksies te volg, klanke en woorde te onderskei, inligting te verwerk, visuele patrone te herken en hul fokus te verbeter.

Die program sluit die volgende in:

• Ouditiewe diskriminasie-oefeninge
• Luister- en begripaktiwiteite
• Ouditiewe prosesseringsoefeninge
• Visuele geheue-aktiwiteite
• Visuele nasporingsoefeninge
• “Ek sien met my klein ogies”-aktiwiteite
• Konsentrasie- en aandagoefeninge
• Volg-die-kol aktiwiteite
• Instruksievolg en geheue-oefeninge

Hierdie program is geskik vir gebruik by die huis, in die klaskamer of tydens terapeutiese ondersteuning.

Ideaal vir kinders wat:

• Hul luistervaardighede wil verbeter
• Sukkel om instruksies te volg
• Probleme met konsentrasie ervaar
• Ouditiewe prosessering wil versterk
• Visuele nasporing en geheue wil ontwikkel
• Voorberei vir lees en skoolgereedheid

Bou die vaardighede wat kinders nodig het om met selfvertroue te leer, te lees en te groei.