Getal Tussen-Paddatjie Spring
Om kinders te help om getalbegrip te ontwikkel deur die getal te identifiseer wat tussen twee ander getalle kom. Dit versterk begrip van getalorde, ordening en vroeë wiskundige denke.
Om kinders te help om getalbegrip te ontwikkel deur die getal te identifiseer wat tussen twee ander getalle kom. Dit versterk begrip van getalorde, ordening en vroeë wiskundige denke.
” Paddatjie wil van een nommer na ‘n ander spring op die getallelyn… maar hy is ‘n bietjie deurmekaar! Hy het hulp nodig
om die getal te vind wat tussenin kom. Kan jy hom help om op die regte waterlelie te spring?”
Hoe om te speel:
Wys twee getalle met ‘n oop plek tussenin:
Voorbeeld : 5 ___ 7
Plaas Paddatjie op die eerste getal op die getallelyn (bv. 5).
Vra die kind:
“Paddatjie wil van 5 na 7 spring… Op watter getal moet hy
land?”
Die kind moet Paddatjie help deur:
Hardop van 5 tot 7 te tel.
Sy/haar vingers, ‘n getallelyn of tellers te gebruik.
Die getal tussenin te sê en te skryf.