Your cart is currently empty!
Ek is Gereed vir Graad 1
Werk rustig deur die aktiwiteite – daar is geen rede om te jaag nie. Doen ’n maksimum van 5 bladsye per dag. Lees en verduidelik elke instruksie vir jou kind voordat julle begin. Maak seker jou kind verstaan presies wat om met elke aktiwiteit te doen. Moenie die werk namens jou kind voltooi nie – help eerder om onafhanklikheid te ontwikkel. Wys belangstelling in elke poging en gee altyd positiewe terugvoer.
My hart lê in hierdie boekie, al 157 bladsye van dit! Ek glo vas dat elke kind ’n regverdige kans verdien.
As disleksia-terapeut en gekwalifiseerde onderwyseres weet ek hoe belangrik dit is dat elke Graad 1-leerder met selfvertroue die klaskamer kan binne stap op sy of haar eerste skooldag.
Die druk wat vandag op kinders geplaas word, is groot. Hulle moet leer lees, skryf en tel, terwyl hulle terselfdertyd nuwe maats maak en selfs nog ’n tand of twee trek.
Hierdie boekie is met liefde saamgestel om mammas stap vir stap te help om hul kinders skoolgereed te kry– nie net akademies nie, maar ook emosioneel en sosiaal.
Op my webwerf deel ek ook prettige en praktiese alfabet-aanleer tegnieke. As jy as mamma nog vrae het of ekstra leiding benodig, is jy welkom om my direk te kontak.
Met liefde en hoop vir elke klein lyfie wat gereedmaak vir groot skool.
Related products
-
5 Wenke om Klankvorming te verbeter
R30,00 -
Alfabet Natrek Werkkaarte
R25,00 -
Alphabet Matching Puzzles
R15,00 -
Alphabet Tracing Worksheets
R25,00 -
As in apple 1
R0,00