
Hoe jy as onderwyser of ouer kan help as ‘n kind homself of haarself vergelyk met ander maats
Die deursnit kind met disleksia in die klaskamer voel dikwels oorweldig,
onseker en moedeloos – selfs al is hulle intelligent en gretig om te leer.
Hier is ‘n kort blik op hoe hulle ‘n tipiese dag in die klas ervaar –
Ek voel dom, al weet ek ek is nie.
Kinders met disleksia sukkel om te lees, skryf of spel soos ander en sien
dan hoe hul klasmaats vinniger vorder. Hulle dink dikwels:
“Hoekom kan almal dit doen behalwe ek?”
Ek wil wegkruip
Hulle hou vrae vir hulself want hulle wil nie dom lyk nie.
Hulle maak asof hulle druk besig is om nie iets gevra te word nie.
Ek is altyd agter- dis om soos met ‘n sak klippe te hardloop
Die tempo in die klas is net te vinnig.
Instruksies is te veel op een slag.
Werk is te veel om vinnig te verwerk.
Ek raak maklik moedeloos en kwaad
Trane met huiswerk
Gedrag kan oorgaan in emosionele uitbarstings of onwilligheid om te
probeer.
Ek hoor alles maar dit bly nie
Hulle verstaan dalk die konsep as jy dit verduidelik maar hulle vergeet dit
kort daarna of hulle kan dit nie oordra na lees of skryf nie.


Ek vergelyk myself met ander
“Ek sal ook graag ‘n goue ster wil hê”
“Ek wil ook net eenkeer iets reg kan lees”
“Hoekom kry sy altyd 10 en ek 3 vir my speltoets?”
Hoe jy as onderwyser/ouer kan help:

Beklemtoon hul sterk punte

MOENIE vra om hardop te lees nie!

Gee ekstra tyd en klein stappies

Gebruik multi-sensoriese leer- sien, hoor, doen

Berei aparte werkkaarte voor vir jou neurodiverse
kind in jou klas

Moedig aan, moedig aan, moedig aan

